Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.
Huisgenoot
MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM
DIE AKTEUR RICK MORANIS
HUISGENOOT ENSOVOORTS
KORT VOOR LANK
ELISNA SAUERMAN OOR HAAR MAN, TJAART
FLITSVRAE: LEON SCHUSTER • Akteur en komediant
DIE HUIS WAAR SY GEWOON HET • Noudat Charlize Theron meer openlik oor haar kinderjare praat, het HG die huis gaan besoek waar haar ma haar pa doodgeskiet het
TOTSIENS, UNCLE CHIPPIE • Die Stormers se Chippie Solomon is weg, en die rugbywêreld rou saam met sy geliefdes. Hulle vertel van die man wat sulke diep spore laat
GENERASIE ZILLE • Ons hang uit saam met die dinamiese baasbrein agter Helen Zille se vuurwarm veldtog op sosiale media
FLIPPIT, OU, wat sê jy nou • In Die kantoor was ou Flip so desperaat vir liefde, hy’t die pap-en-polonie lekker dík aangemaak. Maar vir Albert Pretorius, die man wat hom speel, kom hartsake makliker
ELKE POT KRY SY DEKSEL • Hy’t gedink sy lewe is beperk tot pyn. Sy’t geglo haar lyf sou haar altyd aan kanker herinner. Maar toe kruis Rob en Danélle se paaie te danke aan Huisgenoot – en skielik het twee mense met gebroke liggame ontdek dat liefde kan heelmaak
MET ’N KOP VOL STORIES • Hy’t al 300 boeke geskryf en amper 2 miljoen eksemplare daarvan verkoop – en dit maak van Jaco Jacobs een van die voorste skrywers in Afrikaans
Blosend met BEET
MET LIEFDE • Of jy haar wil verras of jouself wil bederf, hier is ’n paar items wat wys jy gee om
DIS JÓÚ TYD • Gee hierdie Moedersdag jouself die geskenk van tyd. Of jy ’n ma is of bloot iemand wat versorging verdien, ontdek hoe jou skoonheidsroetine jou kan laat beter voel en wonderlik laat lyk
VIR MA • Bederf haar met iets spesiaals
IS ALLE MEISIES DAN SO?
10 VRAE WAT JY TE SKAAM IS OM TE VRA • Moenie tyd mors om vir ure oor daardie gesond heidskwessie te tob en te google nie – ons kundiges kan jou gerusstel
PASOP WAT JY SMOUS! • Jy’s dalk een van baie mense wat ekstra geld wil maak. Maar om dié items privaat te verkoop, moet jy aan die wet voldoen
HOU WEELUISE SÓ WEG
JOU STERRE
Met tiekiehakke oor die klippe • Bessie se klein bestaan op Beaufort-Wes het gevoel soos die einde van haar droom om ’n aktrise te word – tot ’n fliekspan eendag op die dorp kom skiet
Avonture op see en land vir oues en jonges
HIER IS TWEE VOORBEELDE VAN DIE SPESIES WAT IN EXPLORE THE SHORE BESKRYF WORD
Waar daar hoop is
BEELDSPRAAK
Moeders van yster • Jy kan dalk nie jou familie kies nie, maar sommige ma’s maak dit werk
*TV-gids
HUISgenotjies • STUUR OORSPRONKLIKE GRAPPIES NA GRAPPIES@HUISGENOOT.COM. JY KRY R50 VIR ELKEEN WAT ONS GEBRUIK. SLUIT JOU NAAM EN KONTAKBESONDERHEDE IN.
PROJECT HAIL MARY
RAAISELS
Togo sê: Wys ons hoe Afrika regtig lyk
Kambodja vereer Magawa
PERSEPSIE • UIT Latyn. Perceptio beteken om te ontvang, versamel of besit te neem van. Percipere beteken om te verstaan of met die verstand te begryp. Persepsie verwys na hoe ons die wêreld waarneem en verstaan deur ons oë, ore en ander sintuie.
☛ 1 MEI 1995 – WERKERSDAG WORD VIR DIE EERSTE KEER AMPTELIK IN SA GEVIER
VYF VINNIGE VRAE
OLIVIA RODRIGO • SY’S NIE HARTSEER NIE, SY’S DAN ’N MEISIE MET ’N NUWE ALBUM!
DÍS...