Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.
Landbouweekblad
IN ’N BLIK
Stories wat in die landbou saak maak
Midde-Ooste: Koste van verskeping kan skerp styg
Wenner
Verloorder
Gesant vir landbou ‘nie duplisering’ • Die aanstelling van ’n spesiale presidensiële gesant vir landbou en grond is nie ‘ ’n duplisering nie, maar eerder aanvullend tot wat die minister van landbou en sy departement reeds doen’.
Die verskil wat jy kan maak
Briewe • POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com
Bekgevegte sleg vir bek-en-klou
Afgetrede epidemioloog sal SA se entstofstrategie bestuur • ’n Afgetrede epidemioloog, voorheen verbonde aan die departement van landbou, gaan Suid-Afrika se entstofstrategie teen bek-en-klouseer (BKS) hanteer.
‘Nou kan ons weer planne maak’
Vrae oor naspeurbaarheid
Veeartse krap kop oor wildvrektes in KZN • Bek-en-klouseer gaan nie oornag verdwyn nie. Daarom moet die wildbedryf planne beraam, navorsing doen en aanpas by hierdie ‘nuwe werklikheid’ waarmee ons sal moet leer saamleef in die onvoorsienbare toekoms, sê Richard York, uitvoerende hoof van Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA).
Belowende resultate kan boere baie geld bespaar • Omvattende navorsing kan verligting bring vir vuisvoos rooivleisboere in ’n ‘verskriklike somber situasie’.
Gesonde grond ‘altyd meer waardevol as koolstofkrediete’ • Finansiers is steeds besig om modelle te vestig waarvolgens finansiering aan boere toegestaan kan word wat herlewingslandbou toepas. Intussen is daar reeds boere in Suid-Afrika wat al betalings vir hul koolstofkrediete ontvang.
Nuwe peulgewasspesie gevind ná 18 jaar van herlewingslandbou • Boere was op die negende herlewingslandboukonferensie, wat Landbouweekblad vandeesmaand saam met die Riemland-studiegroep op Reitz aanbied het, opgewonde oor die deurlopende voordele van herlewingslandbou.
Limpopo-boere wil swak koringprys met kanola pypkan • Kanola is besig om vastrapplek in die noordelike produksiegebied te kry namate produsente uitkoms soek vir die toenemende druk waaronder koringproduksie verkeer.
Boere agterdogtig oor Eskom se nuwe tariefstruktuur • Eskom se nuwe kleinhandeltariefplan (RTP) word amptelik beskryf as ’n strukturele hervorming, nie ’n bykomende verhoging nie, maar boere meen dít óf die nuwe slimmeters is besig om hul maandelikse kragrekeninge op te stoot.
Vraguitvoer: Nuwe logistieke hekkie lê voor • Benewens probleme in die Kaapstad-hawe kan die beplande bouwerk op die Kaapstadse Internasionale Lughawe ’n nuwe logistieke probleem skep.
Suidooster: Transnet en vrugtebedryf pak probleme in hawe • Twee 500 kVA-kragopwekkers wat sedert Desember verlede jaar in Kaapstad-hawe ingespan is om uitvoervrugte te help koud hou, gaan binnekort ná drie maande se ononderbroke diens ’n blaaskans kry.
Brandstof, kunsmis en logistiek: Só kan Iranse konflik SA boere tref • Onsekerheid en die stygende koste van diesel is Suid-Afrikaanse boere se voorland weens die jongste konflik in die Midde-Ooste, meen ekonome.
Suikerbedryf is steeds onder beleg • Hoe lank nog om die suikerblok? Hierdie beleërde bedryf ervaar ’n soortgelyke dilemma as die koringbedryf, met twee ekstra hindernisse: die suikerbelasting én bykomende beskerming nadat ander bedrywe rondom 1994 gedereguleer is.
TWK trotseer aanslae • Die swak landboujaar het die hoogs gediversifiseerde TWK-groep gepootjie. Hy staan nietemin sterk teen aanslae van onder meer die daling in internasionale houtpryse.
Drapeernette ’n aanwins in peerboorde...